Tuesday, March 18, 2014

Oupa Pieter en Ouma. Sy is op 42 oorlede. Tannie Susan die jongste dogter was 4 jaar oud.



Ouma Nortje en haar dogters, Sy hou  tannie Susan vas, langs haar is Chrissie, Wietie en Stien. Voor lings is tannie Ann en voor tannie Wietie staan tannie Pop (Helena)

 

Tannie  Chrissie op haar troudag. Datum onbekend.

Tannie Stien op haar troudag. Datum onbekend.
Oom Fred.
Tannie Wietie.
Tannie Chrissie.




Die foto is op Ferdie en Marina se troue geneem in Maart 1987. Dis montlik die laaste foto waarop hulle almal verskyn.
Oom Fred, tannies Ann, Pop en oom Jannie.
Voor is tannies Chris, Wietie en Stien.

Friday, March 7, 2014

Nortje Familie Blog

Julle is baie welkom om saam te blog.  Dis baie meer interresant om baie familie se "onthou" te lees.

Kyk asb na die fotos en laat weet my as julle saam wil blog. Ek email die nodige toegang.

Groete.

Nico Pretorius.
nicopretorius19@telkomsa.net


Friday, January 4, 2008

Die Britz Famiie


Nico: Oom Blou sal ek onthou as 'n groot juviale man wat baie mooi en lekker klavier kon speel. My grootste begeerte was om soos hy te kon speel. Hy moes altyd met 'n kuier vir ons speel. Ons het 'n klavier gehad so moes hy dus altyd tydens n kuier vir ons speel. Nooit sou ons so 'n geleentheid verby laat gaan het nie. Ek weet nie waat hy dit geleer het nie. Beslis nie formele onderig nie, want hy kon nie 'n noot bladmusiek lees nie. Slegs op gehoor, het hy gespeel. Dan onthou ek ook dat hy veral groot Ford karre gery het. Hy is vroeg in sy 40's aan 'n hartaanval oorlede. Christo en Willie was nog op skool, Pieter op die PUK. Ek dink dit was of 1972 of 1974.



Vandag 7 Maart 2014 was Chisto Britz se begrafnis. Hy is skielik oorlede aan 'n hartaanval. Hy is gebore 13 Maart 1956 en oordele op 2 Maart 2014.

 

Nico :  Ek ,Christo en Willie het baie skoolvakansietye saam spandeer. Veral die hoerskool vakanskies op die plaas onthou ek goed.  Daar het ons gespeel , voels geskiet en hulle het my leer perdry. Soms het ons vir die lekkerte sommer net met ons fietse gaan ry. Christo en Willie het BSA sportfietse met 3 ratte en verkroomde modderskerms gehad- mooi fietse. As daar 'n rugby veld was het ond dryfings gespeel en by die  huis was dit krieket. Dan het Pieter en Hennie ook saam gespeel. Daar was ook 'n April vankansie die die Britze, oom Jannie en ons gesin almal saam vakansie op Glenmore gehou het, Dit was besonder lekker. By ons huis het ons altyd Scalectric gery.

 

 

 

 Na skool het ons baie min kontak gehad maar ek onthou dat ons aan die einde van my eerstejaar dit was aan die einde van Christo se eerste jaar in die weermag mekaar in die toilet by die Atlasville inryteater in Boksburg raakgeloop  het. Langs die krip het ons gestaan en water afslaan toe ons mekaar skielik herken. Christo was van die eerste ouens wat vrywillig twee jaar diensplig gedoen het vir 'n eksta kontant bonus en geen kampe daarna nie. Ek onthou hom en sy weermag makkers op Pieter en Hettie se troue baie goed. Hulle was sowat ses jongmans,'n jolige klomp.

Tuesday, October 23, 2007





















Friday, August 31, 2007

Nortje Stamboom

Nortier ook Nortje en Norkee.

Drie broers Daniel, Jeanne en Jacob kom uit Guines Frankryk in Kaapstad aan op 26 April 1689 met die skip Oosterlang. Hulle is Daniel, Jeanne en Jacob Nortier. Jeanne trou nooit. Ons is afstameling van Daniel Nortier.

Daniel Nortier trou met Marie Virtue en hulle het drie kinders. Hulle ontvang 350 Riksdaalers van die Betaafse fonds en koop die plaas LA MOTTE soos dit nog van dag bekend is (LA MOTTE is in Franshoek en behoort huidelik aan die Ruperts.)

Daniel sterf op 27 April 1711 en na sy dood koop Virtue nog twee plase langs LA MOTTE oa FREDERSBURG wat ook nog bestaan.

Sy boer daarna saam met haar swaer Jeanne.

Van Daniel se kinders verhuis binneland toe.

Pieter Stefanus Nortje gebore 15 Julie 1862 trou met Christina Susanna Buys 3 Julie 1882. Hulle boer in die Potchefstroom distrik Wonderfontein en Waterberg. Hulle het 9 kinders oa Pieter Stefanus Nortje gebore 15 Julie 1883. Hy trou met Maria Magdelena van der Merwe.

Hulle het 12 kinders waarvan 2 baie jonk sterf. Die kinders is ons ooms tantes en ouers.

Wat Jacob Nortier betref.

Hy trou met Elizabeth en hulle het 9 kinders. Hy ontvang 100 Riksdaalers uit die Betaafse fonds en koop die plaas Wagenmakers Vallei. Hy was boer en ook soldaat.

Op 14 Junie 1763 pleeg hy selfmoord deur sy regter arm se are af te sny, Die rede was 'n buite egtelik kind by 'n swart slavin

PIETER STEPHANUS NORTJE 26/7/?? tot /// trou met Maria Magdalena Van der Merwe 16 /3/?? tot ??. Hulle het 12 kinders gehad. 2 Dogters sterf as babas. Sannie is gebore tussen oom Ouboet en Japie en Kotie tussen tannie Wietie en Stien.

1. Pieter trou met Martie ( albei reeds oorlede) 7 kinders
1.1 Sarel trou met Corra. Hulle het 1 seun.
1.2 Japie Reeds oorlede.
1.3 Boet (Petrus Johannes) trou met Eunice het 4 kinders
1.3.1 Johann trou met Zani Tait het 3 kinders Zane, Juzelle en Hanru.
1.3.2 Leonie trou met Otto Haasbroek het 2 seuns Lian en Ruan.
1.3.3 Lorraine trou met Stephan Botha het 2 dogter Nicola en Anja.
1.3.4 Charlene trou met Jackie Olivier 1 kind Erno 16/7/2007 , Chanel en Meyer.
1.4 Marie (Sus) Maria Magdalena 19/1/1951 trou met Philip Cilliers 28/4/1947 Hulle het 2 dogters
1.4.1 Jenell 13/1/1976 trou met George Farmer 2 seuns Arno en Werner
1.4.2 Laurika 14/6/1979 trou met Diekie Muller 1 Seun Malan.
1.5 Pieter
1.6 Hennie
1.7 Netta.

2 Japie. Jacob Francois (7/6/1920) trou met Lettie Alette Elizabeth van der Peol (29/8/1922) Albei reeds oorlede. Hulle het 4 kinders.
2.1 Pietie Pieter Stephanus (9/4/1943) trou met Florrie (Florence Veronica Enslin (14/2/1946) op 12/3/1966 te Witbank. Hulle het 3 kinders.
2.1.1 Japie trou met Debbie. Hulle het 2 kinders Francois en Monique.
2.1.2 Enslin trou met Felicia Hulle het 2 kinders Roland en Shandri.
2.1.3 Ebentja, dogter Rochelle.
2.3 Lettie (Aletta Elizabeth) gebore 9/4/1950 oorlede Desember 1950.
2.2 Ria (Maria Magdalena) 16/8/1951 trou met 'n Pretorius. Het 4 kinders
2.2.1 Roelof Petrus (8/9/1972)
2.2.2 Francois (Jacobus Francois 8/9/1972) trou met Mercia Coetzee. Het 2 kinders Mirida (13) en Ruben (10)
2.2.3 Wouter (Johannes Jacobus Wouter 19/3/1974) trou met Hilda van der Weshuizen (21/3/1974) op 21/10/1999.
2.2.4. Marius (Marius Pieter Stephanus 30/7/1982.
2.4 Alet (Lettie) Aletta Elizabeth 24/10/1959. Trou met 'n Landsberg. Het 4 kinders Jeanine (27) Martin (25) Angelique (17) Giles (14).

3. Chrissie trou met Hendrik (Blou) Britz. Hulle het 6 kinders.
3.1 Marie trou met Riaan Maritz en hulle het een seun Kady.
3.2 Ina trou met Fritz van Wyk en hulle het 2 seuns Ruan en Christiaan.
3.3 Hennie trou met Marietjie. Hulle het ---- kinders Werner.
3.4 Pieter trou met Hettie. Hulle het 2 kinders Pieter en Anja.
3.5 Christo ( Christo Mathys 13/3/56) trou met Alet (8/11/62) het 2 kinders. Schantell (9/10/79)en Christo Mathys (20/4/84) Schantell trou met Christo Erasmus (5/11/77) het 1 seun Alexander (24/1/07)
3.6 Willie (24/9/58)trou met Estie (Sheppard)10/4/60. Hulle het 2 kinders Willem 6/9/1977 en Roalda 6/1/1980. Roalda trou met Heinrich Bartlett 21/9/1977.

4. Wietie. - Maria Magdalena 6/6/1925 trou met (Willie) Willem Lodewikus Pretorius 25/1/1921. Het 2 kinders .
4.1 Nico (Jacobus Nicolaas) 16/12/1956 trou met Veronica Moll 21/5/1956 het 2 kinders : Nico 12/11/1983 en Marius 8/1/1986.
4.2 Wilmarie 29/12/1964 trou met Almero Oosthuizen. Het 2 kinders: Simeon en Joshau.

5. Stien - Christina Johanna trou met (Ben) Benjamin van Zyl. Het 3 kinders.
5.1 Amanda trou met Roy Johnson. Het twee kinders Armand en Christèl. Christel trou met Wynand.
5.2 Mariè trou met Willie Renier du Preez. Het 2 kinders: Willie Renier (jnr) en Jeanne-Mariè.
5.3 Benita (21/09/1960) trou met Phillip James Gonsalves (24/05/1955). Het 2 kinders: Phillip Emmanuel (06/03/1985) en Ricardo (03/11/1989).

6. Jannie - Johannes Petrus trou met Susanna Jacoba Cronje ( oorlede 6/10/2006) Hulle het 5 kinders.
6.1 Tersa trou met Louis Botha (reeds oorlede) Hulle het 4 kinders Andries, Teresa, Louis en Louise. Tersa trou later met Hannes Korp.
6.2 Irene trou met Piet Bench. Hulle het 2 dogter Hettie en Susan.
6.3 Irma trou met Jacques van Wyk.
6.4 Riana trou met ----- het 2 kinders Chrivert en Zia.
6.5 Jannie trou met Vicky. Hulle het 2 kinders Keanu en Danielle.

7. Fred trou met Lettie. Hulle het 3 kinders
7.1 Rene trou met Louise Steenkamp en hulle het 1 dogter Nicola.
7.2. Freddie trou met Rika. Hulle het 2 kinders Ulrich en Aneska.
7.3 Ferdie trou met Marina. Hulle het 3 kinders. Esmarie, Riekus en Leanne.

8. Ann trou met Charles van Lingen. Hulle het 4 dogters. Die oudste Ilse sterf as baba.
8.1 Loraine trou Jan van Renburg. Hulle het 2 seuns Martin en Bernard.
8.2 Melinda trou met Lambert ----- Hulle het 2 kinders Kyle en Charne.
8.3 Charlette trou met Werner van Jaarveld. Hulle het 1 dogter Ane.

9 Helena (Bynaam Pop) trou met Fanie Scheepers. Hulle het 3 kinders.
9.1 Stephan trou met Debbie. Hulle het 3 kinders Nikita, Stephan en Nicole.
9.2 Charnette trou met Dirkie Luus.( reeds oorlede). Hulle het een seun Ryno.
9.3 Derick trou en het 2 kinders Leo en Charne.

10 Susan. (Susanna Catharina) trou met Coen van Wyk. Hulle het 3 dogters.
10.1 Eilze (Sophia Elizabeth) trou met Jannie Schoeman. Hulle het 3 dogters Lieza (13) Janel (11) en Mia (4).
10.2 Marleen ( Maria Magdalena) trou met David Saunders Hulle het 4 seuns Philp (21) Damon (17) Davy (14) en Dean (11).
10.3 Susan (Susanna Catharina) trou met Marius Mare. Hulle het 2 kinders Chantal (7) en Jean 2.

Wednesday, June 27, 2007

Leonie Haasbroek skryf :

My pa, Boet Nortje, het jou e-pos van oom Jannie vir my gestuur. Baie dankie dat jy laat weet het en sterkte aan almal daar! Hou ons maar asseblief op hoogte.

Algemene inligting van my. Ek (35) is getroud met Otto Haasbroek (35) en het twee seuns naamlik: Lian Haasbroek (12) en Ruan Haasbroek (10). Ek was ‘n onderwyseres van beroep, maar het besluit om my vlerke te sprei en het begin werk as ‘n eiendomsagent. Later het ek my eie Agentskap begin naamlik: Home @ Home. My man, Otto hanteer die verhuringsafdeling en ek die verkope. So onthou as jul kinders dalk hier in Potchefstoom wil kom “swot”.


My pa, Boet Nortje (Petrus Johannes) en ma, Eunicia Nortje (voorheen Jacobs) het vier kinders

My broer Johann Nortje (37) (Siviele Inginieur, Projekbestuurder & Ontwikkelaar) woonagtig in Witbank. Getroud met Zani Nortje (Tait) (33) (eiendomsagent in Witbank by De Huizemark). Drie kinders naamlik: Zane Nortje (14), Juzelle Nortje (11) & Hanru Nortje (8)

Suster: Lorraine Botha (Nortje) (29) (Dieetkundige by Wilgeheuwel Hospitaal Roodepoort) en woonagtig in Kloofendal Roodepoort. Getroud met Stephan Botha (36) (Provantage). Twee dogters: Nicola Botha (2) en Anja Botha (6 maande)

Suster: Charlene Olivier (Nortje) (27) (Rekenmeester by Pratt & Witney Lanseria Lughawe) en woonagtig in Eldorainge Pretoria). Getroud met Jackie Olivier (eiendomsagent by NFG Pretoria). Hulle eersteling naamlik Erno Olivier word gebore op 16 Julie 2007. Jackie het uit sy vorige huwelik twee kinders naamlik: Chanel Olivier (16) en Meyer Olivier (12).

Leonie Haasbroek

Monday, June 25, 2007