Wednesday, June 27, 2007

Leonie Haasbroek skryf :

My pa, Boet Nortje, het jou e-pos van oom Jannie vir my gestuur. Baie dankie dat jy laat weet het en sterkte aan almal daar! Hou ons maar asseblief op hoogte.

Algemene inligting van my. Ek (35) is getroud met Otto Haasbroek (35) en het twee seuns naamlik: Lian Haasbroek (12) en Ruan Haasbroek (10). Ek was ‘n onderwyseres van beroep, maar het besluit om my vlerke te sprei en het begin werk as ‘n eiendomsagent. Later het ek my eie Agentskap begin naamlik: Home @ Home. My man, Otto hanteer die verhuringsafdeling en ek die verkope. So onthou as jul kinders dalk hier in Potchefstoom wil kom “swot”.


My pa, Boet Nortje (Petrus Johannes) en ma, Eunicia Nortje (voorheen Jacobs) het vier kinders

My broer Johann Nortje (37) (Siviele Inginieur, Projekbestuurder & Ontwikkelaar) woonagtig in Witbank. Getroud met Zani Nortje (Tait) (33) (eiendomsagent in Witbank by De Huizemark). Drie kinders naamlik: Zane Nortje (14), Juzelle Nortje (11) & Hanru Nortje (8)

Suster: Lorraine Botha (Nortje) (29) (Dieetkundige by Wilgeheuwel Hospitaal Roodepoort) en woonagtig in Kloofendal Roodepoort. Getroud met Stephan Botha (36) (Provantage). Twee dogters: Nicola Botha (2) en Anja Botha (6 maande)

Suster: Charlene Olivier (Nortje) (27) (Rekenmeester by Pratt & Witney Lanseria Lughawe) en woonagtig in Eldorainge Pretoria). Getroud met Jackie Olivier (eiendomsagent by NFG Pretoria). Hulle eersteling naamlik Erno Olivier word gebore op 16 Julie 2007. Jackie het uit sy vorige huwelik twee kinders naamlik: Chanel Olivier (16) en Meyer Olivier (12).

Leonie Haasbroek

No comments: